Tydens die Dirk Postma-opedag van 4 Mei 2023 het dr Morne Diedericks die belangrikheid van gereformeerde onderrig onderstreep. Ons plaas graag ‘n uittreksel uit die lesing.

Waarom jou kind in ‘n Gereformeerde skool sit?
Dr Morne Diedericks

Ek gaan vinnig met julle gesels oor waarom julle jul kinders in ‘n Gereformeerde skool moet sit, omdat ek so besonders begaafd is met bemarking het ek hierdie opdrag gekry. Ek gaan twee gedagtes uitlig:

  1. Die waarskuwing uit die lewe van Eli
  2. Twee beginsels uit die Gereformeerde onderrigmodel

1. Die waarskuwing uit die lewe van Eli

Eli was ‘n Priester en het in die diens van die Here gestaan in Silo.

Die Here bring ‘n oordeel oor Eli omdat Eli nie sy seuns Hofni en Phineas getugtig het nie en groter vrees vir sy seuns gehad het as vir God.

Op sy oudag veroorsaak sy seuns se ongehoorsaamheid Eli se dood deurdat hy van sy stoel afval en sy nek breek.

‘n Onlangse boek met die titel “Living life backwards” bied vir ons as Christen ouers hierdie perspektief: Kom ons stel ons voor as ou mense in die ouetehuis op die stoep, soos Eli, watter boodskap kry ons oor ons kinders:

U sien, Eli se seuns was in ‘n Christelike skool, hulle was priesters, hulle het Sondag op Sondag gesit in die kerk. Tog was hulle nie grootgemaak in die vrees van die Here nie. Hulle pa was dalk te besig met sy belangrike taak om die “volk” te red, terwyl sy eie seuns die volk tot ondergang gerig het.

Natuurlik is die Gereformeerde belydenis ook ‘n belydenis wat vashou aan die genade van God en is daar nie baie genade nodig in die opvoeding van ons kinders nie. Ter selfde tyd is ons belydenis ook ‘n belydenis van gehoorsaamheid aan God se Woord en daarom moet ook die model wat ons volg vir die opvoeding van ons kinders gehoorsaam wees aan God se Woord.

2. Twee beginsels uit die Gereformeerde onderrigmodel

In kort is die Gereformeerde onderrigmodel nie baie kompleks nie.

Ek lig net 2 kern beginsels uit:

Die eerste beginsel en die mees fundamentele beginsel is dat: Verbondsouers in alle opsigte primêr verantwoordelik is vir die onderrig van hulle kinders. In alle opsigte beteken dat daar nie een aspek van ons kinders se opvoeding is wat ons afgee nie. Jy as ouer moet dus rekenskap kan gee oor alle dinge waarin jou kind opgevoed en onderrig is. Dit sluit onder andere in:

Daar is nie een aspek van jou kind se opvoeding waar jy kan sê “ag hiervoor gaan ek maar my oë toe maak.” Wat dus in die kurrikulum aan jou kind onderrig word, is vir jou van groot belang en jy behoort ‘n insae in jou kind se kurrikulum te hê.

Maar omdat ons veral in die komplekse wêreld waarin ons vandag leef as ouers nie naastenby genoegsame kennis oor al hierdie areas het nie, kort ons hulp.

Dit bring ons by die tweede beginsel: dat Gereformeerde ouers hulle kinders slegs kan laat onderrig deur mede broeders en -susters in die geloof wat dieselfde belydenis deel.

Vir Gereformeerde ouers is die van kardinale belang wie voor jou kind in die klas staan.

Ons het in Suid-Afrika so gewoond geraak dat ‘n professionele kwalifikasies al ding is wat saak maak. Nee, vir Gereformeerde ouers maak die kwalifikasie, belydenis en kerklik getuigskrif saak.

Hierdie is natuurlik ‘n baie kontroversiële saak, maar dit is een van die aspekte wat Gereformeerde skole historiese uniek maak. Die mede- broeder en suster wat saam met jou Sondag in die kerk sit, saam met jou God loof en prys. Die broeder en suster wat jy goed ken, hulle onderrig jou kind in wiskunde, want jou wiskunde kennis is dalk vrot.