Op 4 Mei 2023 het die Gereformeerde Skool Dirk Postma heerlik opedag gehou.

GSDP Opedag 2023 kleurkaskenades

En wat ‘n feestelike dag was dit nie! Daar was pret en plesier om elke hoek en draai, met die aand wat met ‘n kleurkaskenade op ‘n hoogtepunt afgesluit is.

Voornemende leerders het kom kuier en kon eerstehands ervaar hoe dit voel om ‘n Dirkie te wees en ook verder op ‘n toer gaan om die terein te bekyk.

Uitstallings oor al die aktiwiteite op sport-, kultuur- en sosiale gebied wat by die skool aangebied word kon bekyk word en ‘n vriendskaplike netbalwedstryd is tussen die eerstespan en ‘n klomp oud-Dirkies en vriende van die skool gespeel.

‘n Skattejag het verseker dat leerders van die kleuter- tot die hoërskool te sien kry.

Dr Morne Diedericks het tydens die amptelike opening beklemtoon waarom die skool se karakter op gereformeerde beginsels gefundeer is. Die belangrikheid van roepingsgedrewe onderwysers wat die kinders leer is beklemtoon en het stof tot nadenke gegee.

Daarna was dit tyd vir die kleurkaskenades en die kinders het dit behoorlik geniet! ‘n Kleurwolk het oor die netbalbane gehang soos wat die kinders te kere gegaan het!

  • GSDP Opedag Kleurkaskenades 2023

Alle voornemende ouers is welkom om die aansoekvorm aanlyn te voltooi; klik gerus op die volgende skakel https://www.gsdp.co.za/toelating/