Op 4 Mei 2023 hou Gereformeede Skool Dirk Postma weer hul opedag en dit beloof om ‘n kleurvolle middag te wees!

Die jaarlikse opedag is ‘n hoogtepunt op die skoolkalender en bied die geleentheid aan voornemende Dirkies om saam met hul ouers opgewonde oor hul skoolloopbaan te word.

Die verrigtinge skop reeds om 16:00 af en leerders vanaf gr RRR-12 is welkom om saam te kom kuier. Die kleuter-, laer- en hoërskool se terreine is propvol aktiwiteite en uitstallings om die Dirkie-hartklop te wys. Die kultuur-, sport- en akademiese bedrywighede word ten toon gestel en ouers kry die geleentheid om met die roepingsgedrewe personeel kennis te maak.

Die program vir die middag verloop as volg:

Om aan die Kleurkaskenade deel te neem moet die leerders ‘n reeks prettige aktiwiteite voltooi. Die aktiwiteite is so saamgestel dat daar by die kleuter-, laer- en hoërskool tyd spandeer word. By elke aktiwiteit ontvang die leerder ‘n rekkie en die doel is om 5 rekkies te versamel. Die 5 rekkies dien as toegang om aan die Kleurkaskenade om 19:00 deel te neem. Dit gaan hope pret wees – ouers is welkom om aan die skattejag deel te neem.

Heerlike kos en soetgoed word verkoop en verskeie kuierareas verseker ‘n gesellige atmosfeer. Betalings kan gedoen word deur middel van kontant, of SnapScan.

‘n Paar praktiese reëlings om van kennis te neem:

Ons sien daarna uit om jou by die skool te ontvang!