1. Ons g'reformeerde skool is deur Gods hand
hier in die wye Mootgebied geplant.
Die Heer het in sy trou
die Dirk Postmaskool gebou.
Refrein:
O, laat die waterstroom ons voed,
sodat ons sterk is en vol moed.
2. Die onderwysers leer ons in die klas
om God se Woord in alles toe te pas.
Dank Heer vir liefde-en trou
wat ons elke dag omvou.
Refrein
3. Soos boompies by die waterstroom geplant
so groei ons onder God se vaste hand.
Ons wil U need'rig vra:
Help U ons om vrug te dra.
Refrein
Wees sterk en vol moed!
Druk op die Skoollied.mp3 skakel om te luister na die skoollied.