Emily Maleka se naam is sinoniem met toewyding en vriendelikheid by Gereformeerde Skool Dirk Postma. Vir die afgelope 26 jaar het sy as ‘n skoonmaker by die skool gewerk, en vir haar is die skool meer as net ‘n werkplek – dit is soos een groot familie.

Met haar warm glimlag en onwrikbare werksetiek, het diepgaande bande met die kinders en onderwysers van die skool gevorm. “Ek geniet dit om elke dag saam met die kinders en onderwysers te werk,” vertel sy. “Die kinders maak die skool lewendig. As hulle nie daar is nie, voel dit nie reg nie.”

Die verhaal van Emily se tyd by die skool is vol van kleinerige, maar betekenisvolle oomblikke. Sy het baie tyd spandeer om baadjies en kosblikke wat verlore geraak het, te soek. “Sodra ek dit kry en aan die kind wil teruggee, sê hulle dikwels dat hulle ma al ‘n nuwe een gekoop het,” lag sy. “Ek en ’n juffrou het al oorweeg om ‘n tweedehandse winkel te begin en die fondse vir die skool te gebruik,” spot sy.

Emily se toewyding aan haar werk strek verder as die standaard skoonmaakpligte. Sy het geleer hoe elke onderwyser van sy of haar klas hou en pas haar werk aan om aan elkeen se voorkeure te voldoen. “Ek probeer om dinge presies te doen soos elke onderwyser dit verkies,” verduidelik sy. “Ek weet hoe belangrik dit vir hulle is dat alles net reg is.”

Haar betrokkenheid by die skool gaan oor die rigiede roetines van skoonmaakwerk. Dit is duidelik dat Emily se liefde en respek vir die skoolgemeenskap oorgedra word in elke taak wat sy doen. “Ek het deur die jare geleer hoe om te sorg vir die skool soos wat elke onderwyser en kind dit nodig het.”

Emily Maleka is ‘n onontbeerlike deel van die Gereformeerde Skool Dirk Postma se suksesverhaal.