Navigasie

 
 Welkom  
    Die Gereformeerde Skoolvereniging Dirk Postma bedryf 'n skolegemeenskap bestaande uit 'n kleuter-, laer- en 'n hoërskool, asook ‘n nasorgsentrum, waaroor hierdie webtuiste basiese inligting verskaf.   
     
  Vir verdere inligting kan u met die direkteur, die skoolhoofde of die administratiewe personeel skakel.    
     
 Skoolwapen: Wees sterk en vol moed  
     
 

En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome wat sy vrugte gee op sy tyd… Die voorstelling op die skoolwapen, ‘n boom wat langs ‘n waterstroom geplant is, verwys na Psalm 1 en simboliseer die identiteit van die skool.  Die boom versinnebeeld ‘n gelowige en die waterstroom is die Woord van God.  Net soos die boom deur die waterstroom gevoed word, so word die gelowige deur die Woord van God gevoed.  So wil die skool deur God se Woord en sy Heilige Gees gevoed word.  Hierdie bron is bepalend vir die onderwys en opvoeding van die

 
 

skool. Dié bron gee ons krag en maak ons gelukkig.  “Geseënd is die man wat op die Here vertrou…”    (Jer. 17:7).

 
     
 

Die leuse van die skool is “Wees sterk en vol moed” uit die eerste hoofstuk van Josua.  Met dié woorde spoor die Here Josua aan om sterk en vasberade te wees in die verowering van die land Kanaän, die land wat die Here met ‘n eed aan die aartsvaders beloof het.  Van ons word ook verwag om sterk en vol moed binne die kader van die verbond met die Here op te tree.

 
     
  Algemeen  
     

 
  Telefoon 012 332-3222  
  Faks 012 332-4688  
  Tel: Hoërskool 012 332-5222  
       
 
       Organisasie
Agtergrond
Karakter
Bestuur
Funksionarisse
Ouerkomitees
Fasiliteite & Dienste
Onderwys
Toelating & Gelde
Ouerskakeling & Opdragte
Aros
ARSO

 

       Dirk Postma

Direkteursboodskap
Voorsittersverslag
Konstitusie
Fondsinsameling
Kontak Inligting
Leuse & Skoolwapen
Publikasies & Verslae
Links

 

 

 

Webtuiste ontwerp en onderhou deur Tri-Synthesis Software Development cc